Hank McGregor het ’n 12de titel in die Bergrivier-kanomarathon in sy visier wanneer dié vierdaagse byeenkoms Woensdag buite die Paarl begin.
Die 43-jarige roeier van die Euro Steel-span het meer skofte en meer algehele oorwinnings in die tradisieryke wedvaart in die Wes-Kaap behaal as enigiemand anders.
McGregor sal as die gunsteling aantree, veral in die afwesigheid van Andy Birkett, verlede jaar se kampioen, wat eersdaags aan die Wêreldspele in Alabama deelneem.