Rebecca Meder en Guy Brooks was die sterre van die eerste groot swembyeenkoms in Suid-Afrika in 2022.
Die 19-jarige Meder, wat verlede jaar by die Olimpiese Spele in Tokio in aksie was, het die afgelope naweek nie minder nie as ses titels in die eerste Grand Prix-gala van die jaar, in Mbombela, verower.
Sy was baas in die 100-, 200- en 400 m-vryslag, asook die 100-borsslag, 100-vlinderslag en 200- individuele wisselslag.