Mercedes se briljante wedrenstrategie en ’n vernuftige Lewis Hamilton agter die stuur het Sondag aan dié jaer sy sesde oorwinning in die Spaanse Grand Prix in Barcelona besorg.
Dit was die Brit se vyfde sege agtereenvolgens in dié Grand Prix en sy 98ste loopbaansege.
Hamilton het voor die wedren geskiedenis gemaak deur die eerste Formule Een-jaer nog te word om vir die 100ste keer in die voorste wegspringposisie aan te tree nadat hy Saterdag die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel het.