Mikel Arteta, afrigter van die Engelse sokkerklub Arsenal, het ’n pleidooi gelewer tot die Britse regering om nie weer die stadions as deel van die inperkingsmaatreëls vir toeskouers te sluit nie.
Areta sê sokker is ’n “ander sport” wanneer daar nie skares is nie. Soos sake tans staan, mag stadions in Engeland nog volgepak word, maar dit geld nie oral in die Verenigde Koninkryk nie.
In Wallis gaan toeskouers nie oor die Kerstyd toegelaat word nie, terwyl die skares in Skotland tot ’n maksimum van 500 beperk gaan word.