Martina Navratilova, tennisheld en voorloper van gay regte, het uitgevaar teenoor die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) vir sy gebrek aan leierskap oor die insluiting van transgender mense in sport.
Dié netelige saak is weer aangeroer nadat Fina, die wêreldbeheerliggaam van swem, verlede naweek besluit het om die deelname van transgender deelnemers in elite-vroueswem te beperk.
Die IOK het verlede jaar sy riglyne oor inklusiwiteit hersien en in November gesê geen sportlui mag uitgesluit word op grond van ’n beweerde onregverdige voordeel nie, en dit aan sportfederasies oorgelaat om oor die reëls te besluit.