Twee spanne wat die afgelope ses jaar Suid-Afrikaanse netbal se voorste kompetisie oorheers het, moet terug na die tekenbord voordat hulle vanjaar sal kan speel.
Die Noord-Gautengse Jaguars en die Vrystaatse Crinums, asook die Flames van Noordwes, se groepe vir vanjaar se Nasionale Liga is nie deur Netbal Suid-Afrika (NSA) goedgekeur nie.
Die Crinums was van 2014 tot 2016 bobaas in die Liga toe dit as die Brutal Fruit-liga bekend gestaan het. Die Jaguars is sedert 2017 die kampioen. Telkom het in 2019 die nuwe hoofborg geword.