Die dubbele Olimpiese kampioen Chloe Kim sê sy gaan die res van die 2022-’23-seisoen misloop om aandag aan haar geestesgesondheid te skenk ná ’n “uitputtende” jaar.
Kim, van Amerika, het die jongste vrou geword wat ’n Olimpiese goue medalje in sneeuplankry verower toe sy op 17-jarige ouderdom in die Winterspele in 2018 geseëvier het. Sy het haar titel vroeër vanjaar in Beijing suksesvol verdedig.
“Dit gaan eenvoudig oor my geestesgesondheid,” sê sy.