Daniel Dubois staan ná die naweek as swaargewigboks se “Uber-kampioen” bekend, maar dit het niks met sy boksvernuf uit te waai nie.
Die Brit het Trevor Bryan Saterdag in Miami in die vierde ronde uitgeslaan om die Wêreldboksvereniging (WBV) se “gewone” swaargewigkampioen te word.
Die WBV het ook ’n “super”-kampioen en dit is Oleksandr Usyk van Oekraïne.