Mitch Wiese hou styf duim vas dat ’n Oos-Kaapse afrigter vandag die Derby op die Fairview-perdewedrenbaan in Port Elizabeth wen.
Wiese is die laaste Baaise afrigter wat dit kon vermag toe die puik Lizard’s Desire in 2009 dié prestigeryke wedren vir driejarige perde gewen het. Sedertdien het die Wes-Kaapse besoekers die wedren, een van die Oos-Kaap se grootstes, oorheers.
Weens die Covid-19-beperkings is die Wes-Kaapse invloed minder as vorige jare met net twee afrigters, Justin Snaith en Glen Kotzen, wat elk ’n deelnemer aan die Derby het.