Bergfiets- en veldwedlooproetes op wynplase is nie ’n nuutjie nie.
Om die waarheid te sê, al hoe meer wynplase diversifiseer met spogrestaurante, deli’s, wynsafari’s, pieknieks, musiekkonserte, kunsuitstallings, staptogte op hul plase en tuinbesoeke.
Avondale buite die Paarl het dit ’n stappie verder geneem en die langste vloeiende bergfietsroete gebou – en hulle sê dit is die langste een in Afrika.