Planne word beraam om te verseker een van die Oos-Kaap se belangrikste perdewedrenne, die Derby, word wel vanjaar gehardloop.
Byeenkomste is sedert die staat van inperking weens die koronavirus ingestel is, by Fairview in Port Elizabeth gestaak.
Die laaste aksie by Fairview het op 25 Maart plaasgevind en dit is onseker wanneer die regering sal toelaat dat byeenkomste hervat.