Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het Tian Fick, wat die week as Suid-Afrika se nuwe swaargewigbokskampioen gekroon is na ’n oorwinning teen Joshua Pretorius, gelukgewens met sy nuwe titel.
Fick is die eerste Kapenaar wat dié titel in 106 jaar wen en volg in die voetspore van groot boksers soos Gerrie Coetzee en Corrie Sanders.
Plato sê dit wys as ’n mens hard werk en nooit opgee nie, kan jy jou doelwitte bereik.