Waar is ons goue doelmeisie Lenize Potgieter?
In ’n neerdrukkende tyd vir die nasionale netbalspan ná die onlangse groot afranselings teen Engeland, Australië en Nieu-Seeland, is Potgieter se “verdwyning” een van die groot raaisels in SA netbal.
Potgieter het die afgelope week teenoor Rapport haar hart uitgestort oor haar skielike verdwyning – en hoe sy in ’n swart gat geval het.