Suid-Afrika het Sondag in Londen ’n baie beter vertoning gelewer in sy tweede netbaltoets in die Vierhoekige reeks.
Hy het Australië, die nr. 1-span in die wêreld, beperk tot ’n oorwinning met 20 doele – 60-40.
Dit klink dalk erg, maar is baie beter as die 71 doele wat Engeland Saterdag teen Suid-Afrika opgestapel het.