Suid-Afrika sal vanjaar vir net die derde keer sedert 1992 nie enige atlete hê wat die land by die Olimpiese Winterspele gaan verteenwoordig nie.
Voor vanjaar se skouspel in Beijing, wat op 4 Februarie begin, het die land net in 1992 in Albertville (Frankryk) en 2014 in Sotsji (Rusland) geen deelnemers by die Winterspele gehad nie.
Hoewel Suid-Afrika nie bekend is vir sy sneeu- en yssportsoorte nie, het hy sedert die land se hertoelating tot internasionale sport in 1994, 1998, 2002, 2006, 2010 en 2018 elke keer deelnemers by die Winterspele gehad.