Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Saterdag bevestig dat hy wil hê dat die arbitrasieproses waarin hy tans gewikkel is, van vooraf moet begin met ’n nuwe arbiter.
Die drie partye in die saak, is Saskok se geskorste president, Barry Hendricks, Gavin Crookes, president van Tennis Suid-Afrika (TSA), en die TSA-raadslid Ntambi Ravele.
Die partye, uitsluitend Hendricks, het Woensdag redes aangevoer waarom die arbiter nie uitspraak kan lewer nie.