Die Amerikaanse sierswemmer wat Woensdag byna verdrink het terwyl sy aan die wêreldkampioenskap in Boedapest deelgeneem het, sê sy “voel baie beter”.
Anita Alvarez het haar bewussyn verloor terwyl sy in die swembad was. Ongelooflike foto’s wat wys waar sy net betyds deur haar afrigter, Andrea Fuentes, te hulp gesnel is, word sedertdien oor die wêreld heen gedeel.
ABCSport berig die Amerikaanse Artistiese Swemspan sê in ’n verklaring “dit was hartverskeurend vir ons gemeenskap” om die voorval te aanskou, maar dat Alvarez “reeds baie beter voel”.