’n Standbeeld van die NBA-legende Kobe Bryant en sy dogter Gianna (Gigi) Bryant is Woensdag opgerig op die toneel van die helikopterongeluk waar hulle twee jaar gelede saam met sewe ander mense teen ’n koppie naby Los Angeles dood is.
Die bronsbeeld van 73 kg is ’n voorstelling van pa en dogter geklee in basketbal-uniforms waar Gigi Kobe se hand vashou terwyl dit op haar skouer rus.
Die beeldhouer, Dan Medina, was teenwoordig om aanhangers te groet wat die 2,1 km teen die koppie uitgestap het om hulde aan die voormalige sportster te bring.