Kommer oor ’n tekort aan diversiteit in die reëlingskomitee vir 2022 se Statebondspele in Birmingham het daartoe gelei dat Louise Martin, president van die Statebondspele-federasie (CGF), haarself onttrek het aan die komitee vir dié byeenkoms.
Die Statebondspele se reëlingskomitee het kritici se tonge die afgelope ruk aan die klap omdat sy bestuursraad hoofsaaklik wit is.
Dit het tot groot ontevredenheid onder politici in Birmingham gelei, wat vereis dat meer swart en ander etniese groepe in die raad moet dien om die stad se diversiteit te reflekteer.