Daar is ’n nuwe voorloper in die Sani2c-bergfietstoer, maar hul teenstanders sê alles is nog nie verby nie.
Marco Joubert en Wessel Botha het Vrydag in die tweede skof oor 97 km ander se teëspoed uitgebuit en eindelik net-net eerste geëindig in 3 uur 23 minute 29 sekondes.
Die skof is tussen die Mackenzie-klub buite Ixopo en die plaas Jolivet beslis. Die ryers is op pad na Scottburgh, waar die wedren Saterdag eindig.