Die junior veergewigbokser Zolani Tete het sy geveg Saterdag teen Jason Cunningham van Brittanje met ’n tegniese uitklophou in die vierde ronde in die Wembley-arena in Londen gewen.
Tete het Cunningham in die eerste drie rondes met sy reguithoue op ’n afstand gehou.
In die vierde ronde het hy die Brit met ’n linkerhaakhou platgeslaan.