Egan Bernal, wat in 2019 die Tour de France gewen het, het ’n fiets en verskeie truie beskikbaar gestel om opgeveil te word te midde van die Covid-19-pandemie.
Dié 23-jarige Colombiaanse fietsryer het in ’n videoboodskap op sosiale media gesê dat sy Pinarello-fiets en truie (wat die wittrui wat hy as beste jong ryer in 2019 se Tour verwerf het, insluit) van die items is wat onder die hamer gaan beland.
Die opbrengs sal ten bate van ’n liefdadigheidsprojek vir kinders in sy tuisland wees.