Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, sê die toestand van vrouesport is “baie broos” en dat sportliggame deeglik moet besin oor wat die reëls vir transgender vrouesportlui is.
Coe het dié uitlatings gemaak nadat die swemmer Lia Thomas van die Universiteit van Pennsilvanië verlede week die eerste transgender NCAA (Amerikaanse kollege)-kampioen geword het toe sy ’n vryslag-nommer in Atlanta gewen het.
“Die integriteit van vrouesport – as ons dit nie reg hanteer nie – en, uiteindelik ook die toekoms van vrouesport, is baie broos,” sê Coe.