Die kampioen-afrigter Alan Greeff is besig om die rekordboeke van die Oos-Kaap se perdewedrenbedryf behoorlik te herskryf.
Hy het verlede Vrydag die eerste Oos-Kaapse afrigter sedert 2009 geword om die Derby te wen.
Boonop het hy die wedren op Fairview in Port Elizabeth met ’n merrievul gewen – iets wat laas in 1998 gebeur het.