Data oor die dekking wat sportsoorte vanjaar by die Olimpiese Spele geniet en die impak wat dit op sosiale media gehad het, wys dat atletiek loshande die gewildste was.
Fietsry, swem en gimnastiek het die laaste paar jaar in gewildheid onder kykers toegeneem en selfs gedreig om atletiek te onttroon as die sport wat tradisioneel die meeste kykers voor die kassie vasgenael hou.
Terwyl driekamp, strandvlugbal, branderplankry en skaatsplankry ook heelwat dekking gekry het, was dit atletiek wat met die louere gespog het as die Olimpiese sport met die meeste uitsaai-ure wêreldwyd.