’n Japannese sakeman het miljoene dollars van die Tokio 2020-bodkomitee ontvang om in 2013 vlerk te sleep by Olimpiese grootkoppe wat kon verseker dat die Spele vir Japan gegee word.
Haroejoeki Takahasji, ’n voormalige werknemer van die advertensie-agentskap Dentsu Inc., is volgens finansiële rekords wat Reuters onder oë gehad het $8,2 miljoen (R148 miljoen) betaal om onder meer die IOK-raadslid Lamine Diack in sy sak te kry.
Diack was van 1999 tot 2015 die president van atletiek se moederligaam, die IAAF.