In ’n ommeswaai het die organiseerders van die Olimpiese Spele besluit dat moeders wat borsvoed, wel toegelaat sal word om hul kinders na die skouspel in Tokio te neem.
Weens Covid-19-protokolle word familielede van deelnemende atlete en toeskouers van die buiteland verbied om die Spele, wat op 23 Julie begin, by te woon. Daar is ook ’n beperking op die getal plaaslike toeskouers wat toegelaat sal word.
Sommige atlete het gekla dat hulle gevolglik gedwing sal word om ’n keuse te maak tussen die Spele en hul jong kinders, maar die organiseerders het in ’n e-pos aan Reuters laat weet dat dié beperking gelig is.