Die nuut gekroonde Olimpiese kampioen Hansle Parchment het die vrywilliger opgespoor wat hom gehelp het nadat hy voor een van sy wedlope by die verkeerde stadion afgelaai is.
’n Vrywilliger het vir Parchment geld vir ’n taxi gegee sodat hy vinnig by die regte stadion kort voor die 110 m-hekkies se halfeindronde kon kom.
Parchment, wat aanvanklik by die swemstadion afgelaai is in plaas van die Nasionale Stadion, waar die atletiek gehou is, het die wêreld aan die gons nadat hy die vrywilliger opgespoor het, terugbetaal het en ook vir haar sy goue medalje gewys het.