’n Kanadese basketbalspeler “word gedwing om te kies tussen die Olimpiese Spele of ’n ma wees wat borsvoed”.
Kim Gaucher sê Covid-19-maatreëls verhoed haar om haar dogter, Sophie, wat in Maart gebore is, in Julie na die sportskouspel in Tokio saam te neem.
Sy sê in ’n video op Instagram sy het probeer appelleer, “maar niemand kan enigiets vir my doen nie”.