Organiseerders van die Tokio-Spele sê hulle het probeer om oplossings te vind om atlete met jong kinders te ondersteun nadat ’n Spaanse swemmer vroeër die week gesê het dat sy haar baba wat sy borsvoed by die huis moes los weens die Covid-19-inperkings.
Maatreëls teen die koronavirus is in werking gestel in die Japanse hoofstad terwyl dit met ’n styging in nuwe infeksies stoei, en deelnemers aan die Spele is onderhewig aan streng beperkinge om die verspreiding te probeer stuit.
“Toe ons hiervan (ma’s wat nie toegelaat word om met hul kinders te reis nie) gehoor het, het ons gesê dat ons oplossing moet vind,” het die uitvoerende direkteur van die skouspel, Christophe Dubi, by ’n nuuskonferensie gesê.