Mark Alexander is Vrydag op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se jaarvergadering in Nuweland as president herverkies vir ’n verdere termyn van vier jaar.
Mbulelo Gidane, wat slegs deur die Oostelike Provinsie benoem is, het hom teengestaan, maar kon soos verwag nie die meerderheid van die stemme op hom verenig nie.
Daar is wel ’n paar skuiwe in die uitvoerende raad, met Lindsay Mould en Schalk Liebenberg wat deur Hennie Baartman en Randall September uit die kussings gelig is.