Mark Alexander sal 16 Julie 2020 nooit vergeet nie.
Dit was een van die donkerste dae in die geskiedenis van SA Rugby. Alexander het die nuus gehoor: Nieu-Seeland is klaar met Superrugby. Hulle het geweier om voort te gaan met die kompetisie “in sy huidige vorm”.
“En met dit het hulle ons, Argentinië en Australië onder die bus ingegooi,” vertel Alexander die afgelope week aan Rapport. Hy is twee weke gelede vir nog ’n termyn as Saru-president verkies.