Bantom: Staytus kan WP nog uit ellende red

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ronald Bantom sê Saru se ingrepe wys hy en ander raadslede was in die kol.  Foto: Argief
Ronald Bantom sê Saru se ingrepe wys hy en ander raadslede was in die kol. Foto: Argief

Ronald Bantom glo nou dit was ’n fout om in 2018 ’n veldtog te voer vir Zelt Marais om as president van die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) verkies te word, maar dink ook dat hy en ander uitvoerende raadslede in die kol was met hul omstrede handelinge die afgelope paar maande.

Behalwe daarvoor dat Bantom in sy hoedanigheid as vise-president die hoofbepalings van ’n ooreenkoms met Staytus Cape vir ’n eiendomsontwikkelingstransaksie onderteken het, het hy en vier ander raadslede – Reuben Riffel, Mario Williams, Anele Zita en Quintin van Rooyen – ’n hofaansoek gebring om onder meer ’n bevel te kry waarvolgens Marais uit sy amp gedwing sou word. Elkeen van hulle – asook die ander tydelik geskorste raadslid, Junaid Moerat – was vroeër bondgenote van Marais.

Presies hoe die WPRU se dissiplinêre strukture gaan werk noudat die unie onder administrasie geplaas is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), is nog onduidelik. Bantom sê wel dat hy steeds voorberei om op 21 Oktober voor ’n tugverhoor te verskyn en soek bandopnames van raadsvergaderings wat hy glo sy en ander raadslede se onskuld sal bewys. Hulle word in breë terme daarvan beskuldig dat hul optrede, deur hof toe te gaan, teen die belang van die WPRU ingedruis het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.81
+1.5%
Rand - Pond
21.04
+1.3%
Rand - Euro
17.91
+1.4%
Rand - Aus dollar
11.23
+1.5%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Goud
1,771.91
-0.6%
Silwer
22.36
+0.2%
Palladium
1,749.36
+0.2%
Platinum
940.68
+0.5%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos