Die koronavirus was Vrydag nogmaals die Bulle se “sameroeper van die keurkomitee”.
Die groep is ná Woensdag se Curriebeker-wedstryd teen die Leeus Vrydag getoets, wat beteken dat Jake White eers Saterdag sal weet wie is beskikbaar vir Sondag se rugbywedstryd teen die Pumas in die Mbombela-stadion.
Sou jy White die keuse gee om die afspraak in die Laeveld te kanselleer, sou hy in waarskynlik só besluit het en sy fokus summier na die halfeindronde verskuif.