André Esterhuizen se puik vertonings vir die Harlequins het nie ongesiens by sy eweknieë in die Engelse Premierliga verbygegaan nie.
Trouens, spelers in dié liga meen dié kragtige Springbok-binnesenter was die afgelope seisoen die heel beste speler in Engeland se top-kompetisie.
Esterhuizen, wat in 2019 laas vir die Bokke gespeel het, maar weer terug is op die nasionale span se radar, is Woensdagaand met die Engelse Rugbyspelersvereniging (RPA) se Speler van die Jaar-eerbewys vereer.