Die gasheerreg om ’n bioborrel van Suid-Afrikaanse rugby in Mbombela aan te bied, sal tot ’n mate vergoed vir die verlore All Black-toets, sê George Stainton, die Pumas se kommersiële hoof.
Dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) die gesogte toets teen die Kiwi’s aan die Pumas toegeken het, wys onomwonde daar is vertroue in dié unie se vermoëns, is die beskouing in Laeveldse rugbykringe.
Mbombela (Nelspruit), waar die Pumas gesetel is, is glo in die binnebaan om die gasheer vir een van Saru se beplande bioborrels te wees.