Die Blitsbokke sal hulself in die voet skiet as hulle nie so vinnig as moontlik die oorwinning wat hulle die naweek in die Los Angeles-sewestoernooi behaal het, opsy skuif nie.
Dié vermaning kom van Stephan Dippenaar, wat die Suid-Afrikaanse sewesspan tussen 2012 en 2017 in 31 toernooie verteenwoordig het.
Die volgende toernooi van die Wêreldreeks begin Saterdag in Vancouver, Kanada, en die Blitsbokke sal oorloop van selfvertroue nadat hulle Sondag as die kampioen in Amerika gekroon is.