Die Blitsbokke sal die verdediging van hul titel in die Vancouver-sewestoernooi die naweek teen Japan begin.
Dié twee spanne is saam met Engeland en Argentinië in Groep A geloot, vir die toernooi wat Saterdag en Sondag in Kanada beslis word.
Suid-Afrika, wat die afgelope naweek die toernooi in Los Angeles gewen het, was ook in 2019 baas in Vancouver.