Die Westelike Provinsie se hakerprobleme gaan waarskynlik op 1 Julie iets van die verlede wees wanneer die Springbok Joseph Dweba in Kaapstad aanmeld.
Onderhandelinge om Dweba (26) Kaap toe te bring, is volgens betroubare bronne in ’n gevorderde stadium. Dweba speel tans vir Bordeaux-Begles in Frankryk.
Gesprekke met hom het reeds in Desember verlede jaar begin en die partye het nou op bepalings vir ’n kontrak ooreengekom.