Elton Jantjies was Donderdag in die Kaap op die operasietafel nadat hy ’n skouerbesering in Japanse klubrugby opgedoen het.
“Sy herstel sal so twee tot drie maande wees as alles goed gaan,” sê Johan Ackermann, afrigter van die NTT Docomo Red Hurricanes.
“So, hy behoort dalk weer in April by ons te speel . . . die laaste paar wedstryde van die seisoen.”