Nooit sou Duane Vermeulen in sy wildste drome kon dink dat die Springbokke se verowering van die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi so baie sou doen om Suid-Afrika te verenig nie.
Die 33-jarige Vermeulen, die span se agtsteman, was een van die Bokke se uitblinkers toe hulle Engeland in die eindstryd in Japan met 32-12 geklop het. Hy is vir sy skitterspel in daardie kragmeting as Speler van die Wedstryd bekroon. Maar min het hy geweet wat in Suid-Afrika op hom en sy spanmaats sou wag.
“Ek het nie regtig woorde om dit te beskryf nie, omdat ek geskok was oor die aantal mense wat ons op die lughawe ingewag het.