Die WP was enkele dae weg van ’n totale ineenstorting wat hom sy hele spelerskorps kon kos voordat SA Rugby die unie onder administrasie geplaas het.
Dit ondanks pogings van Zelt Marais, president van die unie, en ander lede van die uitvoerende bestuur wat probeer het om ’n rooskleurige prentjie te skep waarin die indruk van ’n kontantinspuiting gewek is.
Binnegevegte in die unie en sakevleuel het soveel skade aangerig dat die twee grootste borge, DHL en Brightrock, geweier het om geld aan die unie oor te betaal uit vrees dat dit misbruik sou word.