Die Stellenbosse dollar-miljardêr Michiel le Roux se seun kan ’n leidende rol speel in ’n konsortium van Wes-Kaapse sakelui wat ’n beherende aandeel in die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se sakevleuel gaan bekom.
Le Roux senior is die stigter van Capitec-bank en is volgens Forbes die 17de rykste man in Afrika. Hy is $1 miljard sterk, volgens dié webtuiste.
Die Le Roux Familie-groep sal deel wees van die plaaslike konsortium wat WP Rugby koop en só dié unie in ’n nuwe era van finansiële standvastigheid kan lei, verneem Rapport.