Die Cheetahs het hul voorbereiding vir die Europese Uitdaagbeker-reeks Vrydag met ’n sege van 43-34 oor die Griffons in Welkom afgesluit.
Die Cheetahs het met rustyd met vier drieë teenoor een van die Perses met 31-14 voorgeloop.
Siya Masuku het in die eerste helfte gewys die skopwerk kan in die afwesigheid van Ruan Pienaar (kuit) aan hom toevertrou word.