Die All Black-haker Dane Coles het geskiedenis gemaak deur die eerste voorspeler te word wat vier drieë vir Nieu-Seeland in ’n toets te druk.
Coles het dit Saterdag vermag in die Kiwi’s se oorwinning van 57-23 oor Fidji in Dunedin. Drie van die drieë was van rolmaalbewegings in ’n toets waar die All Blacks onverwags hard moes werk om te wen.
Fidji het vir Nieu-Seeland veral by die afbreekpunte gepla en die tuisspan het ’n klomp strafskoppe daar afgestaan.