Die deurslaggewende Engelse Premierliga-rugbywedstryd tussen die Sale Sharks en Worcester Warriors, wat Woensdag gespeel sou word, is van die baan.
Dít nadat die koronavirus onder die Sale spelers begin maai het, met 27 individue wat nou reeds positief vir die virus getoets is.
Daar was Woensdag bevestiging van agt nuwe gevalle – ses spelers en twee personneellede, wat volg op die 16 spelers en drie personeellede wat oor die naweek positief getoets is. Almal is nou vir die volgende tien dae in selfkwarantyn, asook diegene wat die afgelope 14 dae met hulle in nabye kontak was.