Generaal Goosen! Johan Goosen (regs), Springbok-losskakel van die Blou Bulle, laat loop die bal Vrydagaand op Loftus Versfeld in die Curriebeker-halfeindstryd teen die Westelike Provinsie. Ruan Nortjé, slot van die Bulle, is byderhand, terwyl die WP-flank Deon Fourie op Goosen toesak. Foto: Gallo Images
Oorgerustheid, ’n seldsame afdag vir die Blou Bulle of die bal wat op ’n kritieke oomblik vir die Haaie reg spring.
Dit is – te oordeel na die Bulle se kragvertoon teen die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld – ’n sameloop van dié faktore waarop die Haaie in Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Ligbloues sal hoop.
Sou dít nie die Durbaniete beskore wees op Loftus Versfeld nie, bly die beker in Pretoria.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.