Eers is daar gekla Jake White “koop” sukses deur na hartelus aanwinste na Loftus Versfeld te lok.
Nou kla diegene wat nie veel ooghare vir die Bulle het nie dat die Ligbloues met hul Verenigde Rugbykampioenskap-span in die Curriebeker-kompetisie speel.
Wat het hulle verwag? Jy kies mos altyd jou sterkste moontlike span, is Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU), se reaksie hierop.