Die Bulle probeer om die Skotse toetsspeler Jaco van der Walt te kry om die leemte te help vul wat die Springbok Morné Steyn sal laat.
Die 38-jarige Steyn se kontrak met die Bulle eindig in Junie. Die verwagting is dat hy daarna sal uittree.
Van der Walt (29) het in 2017 vanaf die Leeus by die Skotse span Edinburgh aangesluit. Dié oud-leerling van Monnas het in Desember 2020 in Dublin sy eerste toets vir Skotland teen Ierland gespeel.