Hoewel dit meer as 50 jaar gelede was dat Griekwas vir die laaste keer die Curriebeker gewen het, is woorde wat Frik du Preez die dag voor die eindstryd in 1970 sou gesê het, steeds nie vergete nie.
Die Poubloues het daardie jaar vir ’n opskudding gesorg deur die magtige Noord-Transvaal in die eindstryd in Kimberley met 11-9 te klop.
Wyle Soon Nel was in die Griekwas se span wat daardie dag gewen het. Sy vrou, Gerildine, het Woensdag haar herinneringe aan 1970 se eindstryd gedeel.